Sending Ugunja Kenia – Dholuo (Luo) sprekers

Uitreik uit na die Luo mense.

Die nuwe uitreik in 2026:

Aan God al die eer: die meeste van die grondslagwerk onder die mense is gelê. Ses reeds gevestigde gemeentes en ook is daar reeds begin met ‘n evangelisasie uitreik in ‘n ander gebied tussen die hunter, waar daar nie kerke is nie.

As die Here wil, sal ons binnekort ‘n Christen skool genaamd “Eagles Nest Kenia” loods. Ons beplan om klein en beskeie te begin met een voorskoolse klas by Pastoor Elias Auma se klein Ugunja gemeente.

Die werk en visie wat die Here in hierdie seisoen aan ons vrygestel het, het die standaard en behoeftes aansienlik verhoog, en ons vertrou op Sy voortgesette leiding en voorsiening.

Ons versoek u ernstige voortgesette gebede en ondersteuning terwyl ons hierdie nuwe fase betree. Soos in vorige seisoene, het ons steeds ‘n spesifieke behoefte aan Sonkrag-klankbybels van MegaVoice, wat van onskatbare waarde is om diegene te bereik wat sukkel met lees of wat in gebiede woon met geen of beperkte elektrisiteit.

Daarbenewens het ons die volgende praktiese behoeftes:
Enkelvlugkaartjies vanaf Johannesburg (OR Tambo) na Nairobi.
⚫ Finansiële voorsiening om ‘n betroubare voertuig in Kenia aan te koop vir bedieningsreise en uitreike.

Dit is ons nederige versoek dat u by ons sal aansluit in gebed en die Here se leiding sal soek oor wat en wanneer om ‘n by te dra maak. Dit is vanselfsprekend dat baie fondse nou vir hierdie werk benodig word, maar ons vertrou en bid saam dat ons Hemelse Vader op die regte tyd dit sal vrystel wat Hy reeds vir sy doeleindes voorberei het.

Filippense 4:19-20 AFR53
19 En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy heerlikheid in Christus Jesus. [20] Aan onse God en Vader behoort die heerlikheid tot in ewigheid.

Ons sal dit ook opreg waardeer as julle ons en die reeds ses gevestigde “Journey to Heaven-gemeentes in Siaya County, Kenia, in gebed sal ondersteun—die pastore, hul vrouens en die gemeentes in hulle sorg:

Ugunja gemeente, Pastoor Elias Ouma Sewe, Eggenote: Angelica Ouma
Nairobi gemeente, Pastoor Thomas Ogutu, Eggenote: Judith Okoth
Alwala gemeente, Pastoor Nelson Atinga Kombo, Eggenote: Linet Adhiambo Atinga
Ruambwa gemeente, Pastoor Vincent Ogola Owino, Eggenote: Eunice Akinyi Ogola
Riat gemeente, Pastoor Samuel Opiyo, Eggenote: Hellen Opiyo
Sangla gemeente, Pastoor Peter Ogutu, Eggenote: Millicent Ogutu

Mag die Here hulle versterk, beskerm en hulle bediening tot Sy eer oorvloedig vrug laat dra .

Dankie weereens vir u getroue betrokkenheid in die Evangelie. Ons waardeer u gebede meer as wat woorde kan uitdruk, en ons sien daarna uit om gereeld verslag te kan doen, van God se getrouheid en dit met julle te kan deel soos ons aanbeweeg.

In Christus,
Bennie Malan
Marlene Malan

Agtergrond uitreik in 2025:

Bennie Malan is ʼn voltydse sendeling. ʼn Slaaf van Jesus Christus. Hy is nie aangestel deur mense of enige menslike outoriteit nie, maar deur Jesus Christus self – deur die Vader wat Jesus opgewek het uit die dood, om ʼn sendeling te wees vir Sy kinders in Afrika.

Sy Roeping het gekom en word gebou op:
“2 TIMÓTHEÜS 2:1-5 en
2 TIMÓTHEÜS 4:1-5″

Op 16 Desember 2000 vroegoggend, om 3vm, is hy geroep. Bennie was in ʼn ernstige diep gebed en het in sy gees ʼn dringendheid ervaar om van God te hoor wat Hy van hom verlang. Die Here het onmiddellik, hoorbaar in Engels, met hom gepraat. Hy was verbaas en het instinktief geweet dat dit die Here was wat met hom gepraat het.

Die Here het dit baie duidelik gemaak waar sy fokus moes wees, en dis om die onafhanklike kerkleiers toe te rus – die leiers in afgeleë landelike gemeenskappe van Afrika.

Hy glo dit is ‘n onomwonde feit dat Evangelisasie en Dissipelskap noodsaaklik deel vorm van sending uitreike.

Bennie het ʼn passie om die Goeie Nuus van die Evangelie te verkondig aan die onbereikte massas in die landelike gebiede van Afrika.

Deur God se liefdevolle genade is Bennie en Marlene op 13 Junie getroud, en nou is Marlene ‘n onskatbare deel van hom en sy voltydse sending roeping.

Marlene en Bennie het n “road trip” gedoen om al die mense saam met wie hy gewerk het deur die jare in SA en van die mense wat hy in die bediening ontmoet het te gaan besoek. Hulle het 3 jaar saam gewerk vir die Here, voordat hulle getroud is in 2024. Haar hart klop net so hard vir Evangelisasie werk soos syne.

Hulle beplan hul volgende Sending uitreik vir die einde van Julie na Kenia en hiervoor het hy dit goed gedink om van MegaVoice se Solar charged Audio Bybels saam te neem. Aangesien baie van hierdie mense nie kan lees of skryf nie, het hulle dit goedgedink om die lewende, hoorbare Woord van God in hul taal Dhuluo saam te neem.

Daarom neem ons vrymoedigheid om in die naam van Jesus Christus te vra vir donasies wat aangewend sal word om hierdie Bybels aan te koop vir hierdie sending. Een van hierdie Bybels se koste beloop R550.

Indien ons Vader dit op u hart druk om ʼn bydrae vir Sy koninkryk te maak, sal ons dit opreg waardeer. Want net soos ons, leef hierdie mense nie van brood alleen nie, maar van elke woord wat uit God se mond kom.

Ons opregte dank en Jesus liefde aan elkeen van u.


Donate by Bank Transfer
Bank besonderhede:

Rekeningnaam: MegaVoice International Africa NPC
Bank:                        ABSA
Tak:                   Worcester
Rekening:                40-9894-9446
Takkode:      632005
Verwysing: Projeknaam en jou naam
(Vir die projek: Luo)

 Secure payment via PayFast by Credit / Debit card

Jy kan ook minder of meer gee! Elke bietjie help.

-=-=-